On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: AGDA hou baie voordele in vir dié boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 17:24 Wed, 19 Feb 2020

Landbounuus-podcast: AGDA hou baie voordele in vir dié boere | News Article

Die Landbou-ontwikkelingsagentskap, oftewel AGDA, se hoofdoel is om die getal boere in Suid-Afrika te vermeerder.


Dit sluit in om aan nuwe en opkomende boere die geleentheid te bied om tot kommersiële produksie toe te tree. Die voorsitter van 'n dryfveer van dié agentskap, die sogenaamde "In Transformation Initiative", Roelf Meyer, sê dit het ten doel om befondsing en kundigheid aan kleinboere te verleen. Meyer sê AGDA gaan begin met sowat tien projekte as 'n vertrekpunt in verskillende gebiede in die land. Hy sê dié projekte is daarop gemik om kommersiële boere te help om by kleinboere aan te sluit sodat ‘n network gevorm word wat kan uitbrei na ander kommoditeite in gebiede regoor die land. Meyer sê dié komitee het nog oogmerke. Meyer sê dié agenstskap is daarmee saam ook by 32 bestaande projekte betrokke, wat oor ‘n tydperk geidentifiseer is en aan dié projek se kriteria voldoen. AGDA is Dinsdag op die Africa Agri Tech (AAT) konferensie en ekspo in Pretoria bekendgestel. Dié geleentheid, wat op tegnologiese ontwikkeling in landbou fokus, duur tot Donderdag.   

Die opheffing van die tydelike verbod op die samekoms van spleethoewige diere nadat bek-en-klouseer in Limpopo uitgebreek het, word wyd verwelkom. Dié nasionale moratorium het veilings en skougeleenthede van lewende hawe verbied. Nick Serfontein, 'n Vrystaatse leierboer en voorsitter van die Sernick-groep, sê dié opheffing is goeie nuus omdat talle produsente grootliks staatgemaak het op lewende hawe veilings om ‘n bestaan te voer. Serfontein het op die bekendstelling van die Landbou-ontwikkelingsagenskap, AGDA,  op die Africa Agri Tech-konferensie en -ekspo in Pretoria, aan OFM-nuus gesê dié verbod het plaaslik tot ‘n tekort aan vleis gelei. Die prys van rooivleis het ook toegeneem. Serfontein meen die uitbreking van bek-en-klouseer is nie noodwendig negatief vir Suid-Afrika nie, want Suid-Afrika word nou genoop om ernstig na ‘n naspeurbaarheidstelsel te kyk.

EN

Daarmee saam sê die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, versterkte maatreëls is nodig en alle belanghebbendes moet aanboord kom om biosekuriteitsmaatreëls in Suid-Afrika te versterk. Didiza het op die Africa Agri Tech se konferensie en ekspo in Pretoria beklemtoon dat dit vir haar ‘n kritieke kwessie is.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.