On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Dagga kan geleenthede skep vir kleinboere

───   12:09 Fri, 21 Feb 2020

Landbounuus-podcast: Dagga kan geleenthede skep vir kleinboere | News Article
Photo: Gallo

Agri SA sê dit neem kennis van die regering se plan om die kommersiële gebruik van hemp-produkte te wettig en te reguleer om geleenthede te skep vir kleinskaalse boere.


Die idee is ook om beleid te formuleer oor die gebruik van dagga-produkte vir mediese doeleindes, en om hierdie bedryf uit te brei in lyn met wêreldwye tendense, soos gemeld in die President se staatsrede. Luidens 'n verklaring deur Agri SA, is dit belangrik dat die regering die totale waardeketting in ag neem wanneer hy sy beleid vir kommersiële dagga- en hemp-boerdery ontwerp, veral aangesien die fokus op kleinskaalse boere is. Hierdie boere het nie noodwendig toegang tot al die insette wat nodig is om ‘n suksesvolle oes te verseker nie, insluitend maar nie beperk tot bemesting en water nie. Verder is dit ook uiters noodsaaklik dat belegging in enige projekte werkskepping tot gevolg sal hê, gegewe die land se onaanvaarbare hoë werkloosheidskoers. Dit is onduidelik wat die werkskepping potensiaal vir kommersiële dagga- en hemp-boerdery in terme van primêre landbou is.

EN

Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek weer 'n verbetering getoon, teenoor die vorige veiling. Die swakker Rand het bygedra tot die styging in die mark. Die volume wol ontvang in die makelaars se pakhuise vandeesweek is in totaal 4.4% hoër as die ooreenstemmende week van die vorige seisoen, wat baie positiewe nuus is. Dit is volgens Heindrich Victor, bemarkingsbestuurder van vesel by OVK, nadat die Cape Wools-aanwyser vandeesweek op die 20ste wolveiling van die 2019/20-seisoen met 2% en 351 punte hoër verhandel het en teen 'n skoonprys van R181,57 per kg gesluit het.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.