On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Senior SAPD-lid in Noord-Kaap oorlede

───   08:25 Sat, 16 Jan 2021

Senior SAPD-lid in Noord-Kaap oorlede | News Article

Die Bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die Noord-Kaap se ZF Mcgawu-streek, Johnny Besnaar, het bevestig dat 'n senior lid onder sy bevel oorlede is.

Luitenant-kolonel Thembisa Gaxa, van die Oos-Kaap, het ten tye van haar dood by die Upington-polisiestasie gewerk, en is op 4 Januarie vanjaar in die MediClinic Upington opgeneem waar sy vandeesweek oorlede is.

Besnaar sê die dood van een polisiebeampte is een te veel, en het sy medelye betoon met haar familie en vriende.

Die polisie wou nie bevestig of sy weens Covid-19 oorlede is nie, en sê dat die inligting vertroulik hanteer word tussen die kliniek en die oorledene se familie.

Die bevelvoerder van die Upington-polisiestasie, Sampie Koopman, is in dieselfde kliniek oorlede nadat hy weens Covid-19 verwante komplikasies opgeneem was.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.