On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Central SA

NUUS PAS IN: Vermiste bespuitingsvliegtuig in landerye gevind

───   CATHY DLODLO 09:24 Fri, 22 Jan 2021

NUUS PAS IN: Vermiste bespuitingsvliegtuig in landerye gevind  | News Article

Die bespuiting van landerye op ‘n plaas in die Bultfontein-omgewing in die Vrystaat het tragies geëindig toe die wrak van dié ligte vliegtuig Vrydagoggend gevind is.

OFM-nuus het verneem dat dié vliegtuig Donderdag nie teruggekeer het om te herlaai nie en boere en soek-en-reddingspanne is ontplooi en het tot laatnag daarna gesoek. 

Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê die polisiehelikopter het vroeg Vrydagoggend die wrak gevind.

Owerhede is op die toneel en ‘n span van die Burgelike Lugvaart is ontplooi om die ongeluk te ondersoek. Woordvoerder van die Burgelike Lugvaart, Kabelo Ledwaba, het die vlieg-ongeluk aan OFM-nuus bevestig. 

Verdere inligting sal bekend gemaak word sodra die familie van die vlieënier van die ongeluk in kennis gestel is.

Dié geel bespuitingsvliegtuie is onder boere bekend as die Kanarie en word gebruik om gif oor hul landerye te spuit. 


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.