On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bewusmakingsveldtog oor inenting skop in Hantam af

───   09:38 Fri, 22 Jan 2021

Bewusmakingsveldtog oor inenting skop in Hantam af | News Article
Foto: bbc.com

Die Noord-Kaapse LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, sê die provinsie se bewusmakingsveldtog oor inentings teen Covid-19, asook massatoetsing, gaan volgende week in die Hantam-munisipale regsgebied afskop.

Lekwene, vergesel deur die waarnemende departementshoof, Dion Theys, het met die plaaslike coronavirus-bevelraad vergader om 'n strategie te bespreek oor presies hoe die bewusmakingsveldtog oor inentings van stapel gestuur gaan word.

Die LUR het benadruk dat sy departement ten alle tye die proses gaan monitor om enige ongeruimdhede uit die weg te ruim.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.