On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

VS vliegongeluk eis lewe van vlieënier

───   CATHY DLODLO 11:41 Fri, 22 Jan 2021

VS vliegongeluk eis lewe van vlieënier | News Article

Die naam van die vlieënier wat in ‘n vliegongeluk in die Bothaville/Hoopstad-omgewing in die Vrystaat oorlede is, kan nog nie amptelik bekend gemaak word nie.

Provinsiale polisiewoordvoerder Thandi Mbambo sê sodra die naasbestaandes van die oorledene in kennis gestel is, sal sy naam vrygestel word. Intussen stroom medelye op sosiale media in. 

Die vlieënier het gister landerye op ‘n plaas in die Bultfontein-omgewing bespuit toe sy vliegtuig as vermis aangemeld is nadat hy nie na die brandstofpunt teruggekeer het nie. ‘n Uitgebreide soektog is begin en die polisie is ontbied. 

Mbambo sê die polisiehelikopter is Vrydagoggend met eerste lig ontplooi en die wrak is gevind. ‘n Span van Burgelike Lugvaart is ook na die toneel ontplooi om die vlieg-ongeluk te ondersoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.