On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gesondheidswerkers aangemoedig om vir inentings te registreer

───   08:34 Thu, 25 Feb 2021

Gesondheidswerkers aangemoedig om vir inentings te registreer | News Article

Gesondheidswerkers in die Noord-Kaap word aangemoedig om vir Covid-19 inentings te registreer.

Die provinsiale LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, sê van die provinsie se 3 902 dosisse entstof wat hulle ontvang het, is 1 452 gesondheidswerkers reeds by die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal teen Covid-19 ingeënt.

Lekwene sê meer as 33 700 mense in die provinsie het reeds positief vir die virus getoets terwyl 664 sterftes aangeteken is. 

Hy het die gemeenskap weer eens daaraan herinner dat hulle Covid-19 regulasies moet nakom in 'n poging om hulleself teen die virus te beskerm.


OFM-nuus/Roderick Titus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.