On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Twee Saftu-lede in hegtenis geneem

───   08:50 Thu, 25 Feb 2021

Twee Saftu-lede in hegtenis geneem | News Article

Noord-Kaapse lede van die Suid-Afrikaanse Vakbondfederasie (Saftu), wat hulle by die nasionale staking geskaar het, sê die in hegtenisneming van twee van sy lede is 'n bron van kommer.

Saftu meen die staking was 'n beskermde staking.

Dit volg nadat die hoofsekretaris van Saftu, André Adams, en nog 'n lid in hegtenis geneem is nadat hulle na die parlement opgeruk het kort voor die Minister van Finansies, Tito Mboweni, die 2021/22 begroting ter tafel gelê het. 

Saftu sê die staking sal voortgaan totdat gehoor gegee word aan hulle eise.

OFM-nuus het gister berig Noord-Kaapse lede van Saftu het aangedui dat hulle by die nasionale staking wat vir Woensdag beplan is, gaan aansluit. 

Die vakbond het aangedui dat dit 'n beskermde staking is en geen werkgewer gaan toegelaat word om werkers te viktimiseer nie. 

Saftu sê die Covid-19 pandemie het nagenoeg 2,2 miljoen mense werkloos gelaat en beskuldig die sakegemeenskap daarvan dat hulle sake vererger het deur lone te sny.

Die vakbond voeg by dat werksomstandighede ook vererger het deurdat daar nagelaat is om persoonlike beskermende toerusting aan werkers te voorsien. 

Saftu eis 'n basiese loon van R12 500 vir alle werkers asook die sny van bonusse en ander voordele vir sogenaamde base.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.