On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Pampierstad waterprobleme duur voort

───   14:42 Thu, 25 Feb 2021

Pampierstad waterprobleme duur voort | News Article

Inwoners van Pampierstad in die Noord-Kaap se treurmare duur voort, na herhaalde onderbrekings in watertoevoer deur Sedibeng Water.

Sedibeng Water sê hulle is nie seker waneer die probleem opgelos sal word nie, omdat hulle tans wisselende watervlakke in die plaaslike reservoir ervaar.

Inwoners van Sakhile, Sekhing, Seoding en die laer en hoër Majeakgoro kla ook oor onlangse wateronderbrekings, wat mense dwing om water vanuit besoedelde kanale te bekom vir huishoudelike gebruik.

Sedibeng Water sê intussen die uitlaatklep by die reservoir kan slegs oopgemaak word waneer dit meer as 50 persent kapasiteit bereik het, en dat die probleem deur die onlangse swaar reën en oorstromings veroorsaak is.

Die Phokwane munisipaleteit sê intussen dit sal watertenks voorsien in gemeenskape.

Kgalalelo Letshabo van die munisipaleteit sê hulle neem kennis dat die huidige tenks te min is vir die Pampierstad gemeenskap, en dat dit twee maal per dag opgevul moet word.

Intussen sê Sedibeng Water se Tebogo Metswi verouderde infrastruktuur dra ook by tot die probleem.

Hy voeg by inwoners ontvang water, maar beken dat dit nie genoeg is nie, en dat onderbrekings onafwendbaar is omdat hulle kapasiteit moet opbou.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.