On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK Provinsiale Rede uitgestel

───   14:47 Fri, 26 Feb 2021

NK Provinsiale Rede uitgestel | News Article
Noord-Kaapse Premier, Dr Zamani Saul

Die Noord-Kaapse provinsiale rede sal eers 2 Maart vanjaar plaasvind.

Die kantoor van die Premier, Zamani Saul, het die uitstel bevestig. Die Wetgewer se Sekretaris, Patrick Moopelwa, sê die begroting vir vanjaar se provinsiale rede is met meer as ‘n halfmiljoen rand besnoei, van die R1,2 miljoen wat verlede jaar bestee is, is na R500 000 verminder.

70% van die begroting gaan volgens Moopelwa aan die nodige IT-tegnologie spandeer word sodat die verrigttinge op ‘n virtuele platform kan plaasvind.

Hy sê slegs 50 gaste sal vanjaar se geleentheid bywoon, en dat die Speaker, Newrene Klaaste, die geleentheid sal orkestreer ingevolge Covid-19 regulasies.

30 lede van die provinsiale Wetgewer, wat die Regter-president Pule Tlaletsi asook die media insluit, sal onder die gaste wees.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.