On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse departement wag op entstowwe

───   09:37 Sat, 27 Feb 2021

Noord-Kaapse departement wag op entstowwe | News Article

Die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap sê hulle wag op die nasionale departement om hulle volgende besending Covid-19 entstowwe aan te stuur.

Dit, nadat die provinsie slegs 3 902 dosisse tydens die eerste inentingsveldtog ontvang het. Die departement se Lebogang Mahajah sê tot dusver is 1 815 gesondheidswerkers ingeënt. Dit sluit openbare en private gesondheidswerkers in. 

Hy sê verder die tweede veldtog sal in fases plaasvind, met die tweede fase wat sal fokus op persone met komorbiditeite. Dit sluit bejaardes, polisiebeamptes en onderwysers in.

Volgens Mahajah is die departement se doel om 67% van die provinsie se bevolking in te ent, en dat niemand gedwing sal word om die inenting te neem nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.