On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Central SA

Krisis by Sol Plaatje verdiep

───   09:38 Sat, 27 Feb 2021

Krisis by Sol Plaatje verdiep | News Article

Die Sol Plaatje Munisipaliteit in die Noord-Kaap se finansiële krisis het verdiep, ná ‘n aankondiging dat die sukkelende munisipaliteit binnekort nie in staat sal wees om salarisse te kan betaal nie.

Daar is tydens Donderdag se aanpassingsbegroting vir 2020/21 aangedui dat drastiese optrede in plek gestel moet word om likwiditeit en volhoubaarheid te behou.

Die munisipaliteit het verklaar dat betalingsreëlings met Eskom, aan wie die munisipaliteit R139 miljoen skuld, getref is om die stad se ligte aan te hou.

Die munisipaliteit se Patrick Mabilo het aangevoer dat die koronavirus (Covid-19) pandemie sake vererger het.

Hy sê die grootste uitdaging is om die instelling finansieel volhoubaar te hou en om dienste te lewer.

Diensleweringsuitdagings sluit in waterlekke, rioolblokasies en slaggate asook verouderde infrastruktuur.

Waterverliese het van 59,81 persent in 2018/19 tot 60,96 persent toegeneem.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.