On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Nama Khoi-waterprobleme duur voort

───   11:33 Fri, 05 Mar 2021

Nama Khoi-waterprobleme duur voort | News Article

Die Nama Khoi plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap se onvermoë om weens foutiewe pompe van hulle waterverskaffer, Sedibeng Water, behoorlike dienste te lewer duur voort.

Pompe by Sedibeng Water se Henkries Mond-pompstasie het weens onlangse swaar reën en oorstromings probleme begin gee, wat veroorsaak dat dit nie genoeg water na die munisipaliteit se reservoir kan pomp nie. 

Die munisipaliteit het intussen aangevoer dat krane weer môre in die Namakwa-streek leeg gaan wees weens herstelwerk aan pompe wat water na hulle Doringwater- en Eenriet-reservoirs by Steinkopf moet voorsien. 

Die munisipaliteit sê inwoners moet terwyl water nog beskikbaar is, alle nodige voorsorgmaatreëls tref omdat hulle nie kan bevestig hoe lank die water môre sal af wees nie. 

Dorpe vanaf Springbok tot by Bulletrap en punte langs die N7 sal dus môre sonder water wees. Sedibeng Water het intussen aangevoer dat hulle hard werk om die probleem op te los. 


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.