On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

South Africa

Afriforum hof toe om SEB-entstofbeleid stop te sit

───   06:26 Thu, 15 Apr 2021

Afriforum hof toe om SEB-entstofbeleid stop te sit | News Article
Tito Mboweni. File image AFP

AfriForum het hofstukke by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om te versoek dat die hof Tito Mboweni, die Minister van Finansies, beveel om sy diskresie ingevolge die Wet op die Raamwerk vir Voorkeurverkrygingsbeleid uit te oefen.

Dit is om alle staatsorgane, wat goedere en dienste aankoop en verkoop wat met die entstofprogram verband hou, van alle Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-vereistes kwyt te skel. Die saak is op die hofrol geplaas vir 18 Mei 2021.
 
Dit is in die openbare belang dat die aanskaffing van entstowwe van SEB-vereistes gevrywaar word, want SEB maak eerstens die proses veel stadiger, en tweedens is daar prima facie-bewyse van verreikende korrupsie wanneer dit kom by die tender- en aanskaffingsprosesse.
 
“Daar is reeds in die verlede bewys dat SEB-beleidstellings grootliks dien as ’n rookskerm vir korrupsie, kaderontplooiing en die verryking van persone met die regte politieke konneksies. As ’n mens die oorweldigende bewyse uit die verlede in ag neem, het die Minister van Finansies ’n plig om hierdie soort rasse-inmenging by entstowwe te verhoed,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.


Verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.