On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Voormalige OFM-bestuurder oorlede

───   08:21 Tue, 20 Apr 2021

Voormalige OFM-bestuurder oorlede | News Article

'n Voormalige program- en produksiebestuurder by OFM, Ian Wessels, is in die ouderdom van 60 oorlede.

Wessels was tot onlangs die aanbieder van Regsake op RSG, nadat hy vir sowat ses jaar die aanbieder van Loslip, 'n inbelprogram op RSG was. 

Die SABC berig hy het daarna die aanbieder van Regsake geword en kontinuïteitskofte by RSG gedoen. Wessels was ook die skrywer van verskeie humoristiese boeke, sowel as ‘n motiveringspreker. Hy word oorleef deur sy vrou Liesl.

Die uitvoerende hoof van CMG, Nick Efstathiou, sê Wessels het vanaf 2003 tot 2006 by OFM gewerk, en sê hy was 'n "goeie man, met 'n uitstekende sin vir humor".


SABC-nuus/OFM

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.