On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNW: Fokus op bejaardes

───   08:20 Sun, 09 May 2021

#CoronavirusNW: Fokus op bejaardes | News Article

Die Noordwes provinsie sal sy inentingsplan implementeer met die fokus op bejaardes van sestig jaar en ouer.

Volgens Noordwes provinsiale regeringswoordvoerder, Brian Setswambung, is meer as 21 600 gesondheidswerkers in die provinsie reeds danksy die Sisonke-protokol ingeënt.

'n Beplande 370 000 bejaardes sal ingeënt word.

Tydens 'n inligtingsessie wat deur die Noordwes Provinsiale Bevelsraad aangebied is, het  Noordwes se premier Job Mokgoro gesê dat 'n strategie ontwikkel is om brandpunte van Covid te identifiseer, om die voorkoms van Die virus te verminder deur voorkomingstrategieë, uitreikprogramme, sifting en toetsing, en die bestuur van positiewe gevalle en mense wat simptomaties en siek is.

Setswambung voeg verder by dat die provinsie deur hierdie maatreëls meer voorbereid sal wees vir 'n derde golf van COVID-19.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.