On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

VS munisipaliteite verdrink in skuld

───   CATHY DLODLO 17:12 Thu, 17 Jun 2021

VS munisipaliteite verdrink in skuld | News Article

Vrystaatse munisipaliteite vaar die swakste in die land met die betaling van hulle uitstaande skuld.

Dit is volgens Nasionale Tesourie se verslag oor die inkomste en besteding van munisipaliteite landwyd gedurende die derde kwartaal van die 2020/21-boekjaar. 

Munisipaliteite het aan die einde van die vorige boekjaar reeds altesaam R65,5 miljard geskuld en diegene in die Vrystaat het die meeste skuld gehad wat langer as 90 dae uitstaande is. 

Dit het toe al reeds sowat R15.4 miljard beloop. Cathy Dlodlo berig dat twee ander provinsies met verouderde skuld egter veel minder bedrae uitstaande het. 

Nasionale Tesourie het gevind dat die Vrystaat bo-aan die lys van munisipaliteite met uitstaande skuld is, gevolg deur Mpumalanga met R12.3 miljard en Gauteng met R6.6 miljard. Hierdie skuld sluit uitstaande gelde aan waterrade, Eskom en terugbetaling van lenings in. 

Hierdie swak finansiële verslag kom terwyl munisipaliteite in die Vrystaat na verwagting vandeesweek voor die Portefeuljekomitee vir Openbare Rekeninge in die Vrystaatse Wetgewer moet verskyn oor onder meer hulle geldsake.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.