On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bloemfontein-veldbrand geblus

───   06:48 Fri, 18 Jun 2021

Bloemfontein-veldbrand geblus  | News Article
Patrick Fortuine. Image: OFM News/Blaine Jones

Inwoners in die Shannon-gebied in Bloemfontein is verlig nadat 'n veldbrand geblus is.

Die veld het Donderdagmiddag begin brand, wat gelei het tot digte rookwolke wat van 'n afstand af oor die stad sigbaar was. Die OFM-nuusspan, wat by die toneel was, berig dat die brand vinnig vererger het weens bome en gras in die gebied. 

'n Inwoner van die area, Patrick Fortuine, sê hy is gebel om huis toe te gaan toe die brand begin het, en sê dit was vir hom skokkend om te sien hoe 'n groot gebied van die veld aan die brand was. 

Fortuine sê as hy nie help probeer het om die brand te blus nie, sou sy huis moontlik afgebrand het. Hy sê verder die brand het die veld verwoes.

In hierdie stadium is dit onbekend hoe die brand begin het, en brandbestryders was ook op die toneel.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.