On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte verskyn in hof ná NK-polisiestasie rooftog

───   11:45 Thu, 05 Aug 2021

Verdagte verskyn in hof ná NK-polisiestasie rooftog | News Article

'n 41-jarige verdagte verskyn vandag in die Kuruman-landdroshof in die Noord-Kaap in verband met ‘n gewapende roof by die Tsineng-polisiestasie die naweek.

Valke-woordvoerder, Nomthandazo Mnisi, sê die verdagte is betrap met vuurwapens en ammunisie wat Saterdagaand tydens die rooftog gesteel is. 

Die polisie het vroeër bevestig dat minstens 23 vuurwapens en meer as 100 rondtes ammunisie gesteel is. 

‘n Beloning van 50-duisend-rand word aangebied vir enige inligting wat tot nog inhegtenisnames kan lei. 

Twee verdagtes is steeds soek.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.