On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Sentraal SA bestee miljoene aan oortyd in stryd teen #Covid19

───   CATHY DLODLO 08:48 Fri, 17 Sep 2021

Sentraal SA bestee miljoene aan oortyd in stryd teen #Covid19 | News Article
FOTO: SABC-nuus

Staatsdepartemente in Sentraal Suid-Afrika het miljoene rande aan oortydbetalings bestee as deel van die stryd teen die Covid19-pandemie.

Die Departement van Staatsdiens en Administrasie (DPSA) het dié bedrag wat in die vorige boekjaar uitbetaal is, in ‘n geskrewe antwoord bekend gemaak op ‘n vraag wat in die Parlement ter tafel gelê is. Die meeste oortydbetalings in die staatsdepartemente in die Noord-Kaap, Vrystaat, en Noordwes is aan gesondheidsbeamptes – wat dokters en verpleegsters insluit – uitbetaal. Dié reeds brandarm departemente het ‘n styging in oortyduitbetalings getoon.    

Die  Gesondheidsdepartement in Noordwes – wat onder administrasie is – het die meeste aan oortydbetalings tydens die vorige boekjaar bestee, naamlik meer as R648 miljoen. Die Vrystaat is in die tweede plek met ‘n besteding van R448 miljoen en die Noord-Kaap het net meer as R223 miljoen uitbetaal. In vergelyking met die gemiddelde provinsiale besteding in Suid-Afrika, is uitbetalings in Sentraal Suid-Afrika tot die helfte minder. Die Departement van Gesondheid in Gauteng het die meeste bestee – R2,7 miljard, gevolg deur KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, met onderskeidelik R1,6 miljard en R1,2 miljard.

Die gesondheidsdepartemente in Mpumalanga en Limpopo het onderskeidelik R495 miljoen en R834 miljoen uitbetaal.

Volgens die Departement van Staatsdiens en Administrasie wys die regering se betaalstelsel dat die nasionale Departement van Gesondheid meer as R25.8 miljoen aan oortyd bestee het. Dit is sowat R5 miljoen meer as in die 2019/20-boekjaar.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.