On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

International

Graham Dikason: Ek het my vrou vergewe, bid vir haar

───   12:55 Thu, 23 Sep 2021

Graham Dikason: Ek het my vrou vergewe, bid vir haar | News Article

Die pa van drie kinders wat glo deur hul ma vermoor is, sê hy het sy vrou vergewe en met ander gepleit om dieselfde te doen.

‘n Nagwaak is Donderdagaand vir Liane, Carla en Maya in Timaru, Nieu-Seeland, gehou.

Sowat 300 mense het buite die familie se huis in Queenstraat byeengekom.

Hulle het hul medelye betuig aan die twee-jarige tweeling en 6-jarige sussie wat verlede week vermoor is.

Die meisies se pa, dr. Graham Dickason, het glo versoek dat ‘Raise A Hallelujah’ deur Nate Cash gespeel word.

In ‘n brief, wat deur 'n kapilaan Alan Cummins voorgelees is, noem Graham dat sy wêreld op 16 September inmekaar getuimel het, toe sy kinders om die lewe gebring is.

“Dit is 'n verlies wat ek die res van my lewe saam met my sal dra.”

Hul ma, Lauren, is in verband met hul gru-moorde in hegtenis geneem en word tans in ‘n geestesgesondheidfasiliteit in Christchurch aangehou.

Graham sê sy “geloof in mensdom is herstel” ná die liefde, ondersteuning en gebede in die “verskriklike tragedie en teëspoed”.

Graham het in diè brief sy vergifnis van sy vrou bekendgemaak.

“Ek het haar al vergewe, en ek versoek jou op jou eie tyd om dieselfde te doen - dit is die sleutel tot genesing van hierdie verlies wat ons almal ervaar het.”

Graham se 40-jarige vrou sal 5 Oktober na die Hooggeregshof in Timaru terugkeer nadat sy aangekla is van moord op die drie jong kinders.

Graham glo ook dat Lauren onskuldig is en gepleit dat daar vir haar gebid moet word.

“Vir krag en genesing, bid asseblief ook vir my lieflike Lauren, ek vra eerlik dat sy ook die slagoffer van hierdie tragedie is.

“Mense wat haar goed ken, sal daarvan getuig, ek twyfel nie.”


Jacaranda-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.