On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

#Covid19-oorlewende beveel inenting aan ná haar stryd

───   BLAINE JONES 15:10 Thu, 23 Sep 2021

#Covid19-oorlewende beveel inenting aan ná haar stryd | News Article
FOTO: Verskaf

'n Vrou van Vryburg in die Noordwes, Denise Narrian, wat haarself op die randjie van 'n Covid-dood bevind het ‘n jaar gelede, doen 'n beroep op mense om so gou as moontlik ingeënt te word.

Narrian het Woensdag haar tweede inenting gekry en besin oor haar stryd, terwyl sy steeds teen geringe simptome veg wat weens Covid-19 veroorsaak is. Sy was vir drie maande in die waakeenheid en ‘n maand lank in ‘n koma.

“Vandag is ek saam met my familie, en nadat ek die inenting gekry het, is ek nie meer bang om tussen mense te wees nie. Ek sal mense aanbeveel om die inenting te kry. Ek glo dit sal verhoed dat mense dieselfde pad stap as wat ek gestap het. So wees veilig daarbuite en neem die regte besluit,” sê sy.

Narrian is in die Wilmedpark-hospitaal in Klerksdorp, Noordwes, opgeneem. “Ek’t letterlik drie keer my lewe verloor, maar God het my die krag gegee om die Covid-stryd te oorkom,” sê Narrian.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.