On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

South Africa

Mkhize enigste wat ‘geskok’ is oor Digital Vibes-skandaal - AfriForum

───   15:13 Fri, 22 Oct 2021

Mkhize enigste wat ‘geskok’ is oor Digital Vibes-skandaal - AfriForum | News Article
Former Health Minister Zweli Mkhize.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag gereageer op die voormalige minister van gesondheid, Zweli Mkhize, se pogings om die verdoemende bevindinge teen hom tersyde te laat stel.

Die Spesiale Ondersoekeenheid het in ’n verslag oor korrupsie, waarby Mkhize betrokke was, bevind dat ’n kontrak ter waarde van R150 miljoen onregmatig aan die media-agentskap Digital Vibes toegeken is. Mkhize se seun het ook sowat R3.8 miljoen ontvang.

Mkhize het verder aan die media gesê dat hy geskok is om te verneem van sy seun, Dedani Mkhize, se betrokkenheid by dié skandaal aangesien hulle verhouding in hierdie stadium gespanne is.

“Ek dink Mkhize onderskat die publiek se intelligensie as hy dink enigiemand glo dat hy onbewus was van sy seun se betrokkenheid. Hy is duidelik die enigste een wat geskok is,” sê Jacques Broodryk, AfriForum se veldtogbestuurder.

Volgens die organisasie is hierdie blatante plundery van die staatskas en die regering se gesloer om op te tree teen hierdie plunderaars, besig om op ’n grootskaalse belastingprotes af te stuur.

“Mense sukkel reeds en draai hul sente versigtig om, maar word steeds verplig om reusebedrae belasting te betaal, geld wat dan eenvoudig misbruik, gesteel en wanbestee word. Die regering besef duidelik nie dat hy besig is om met vuur te speel nie,” sluit Broodryk af.


Verklaring verskaf.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.