On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaatse Onderwysdepartement gereed vir eksamens

───   BLAINE JONES 10:30 Sat, 23 Oct 2021

Vrystaatse Onderwysdepartement gereed vir eksamens | News Article

Die Vrystaatse Onderwysdepartement het onlangs sy gereedheid vir die komende nasionale seniorsertifikaat-eksamen bevestig.

Net meer as 36 200 voltydse kandidate en 7120 deeltydse kandidate is vir die eksamen geregistreer.

Die departement sê verder die aantal eksamensentrums in die provinsie staan op 353.

Die eksamen sal tussen 27 Oktober en 7 Desember plaasvind, en die uitslae sal na verwagting op 20 Januarie 2022 bekend gemaak word.

Nasienwerk sal van 8 Desember tot 22 Desember geskied.

Die departement sê 23 skole sal as nasiensentrums dien.

Skole sal 'n beampte aanstel om, saam met die Covid19-direktoraat, toe te sien dat daar aan al die vereistes voldoen word.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.