On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse premier belowe om dienslewering aan te spreek

───   11:30 Sat, 23 Oct 2021

Noord-Kaapse premier belowe om dienslewering aan te spreek | News Article
Noord-Kaap Premier, Dr. Zamani Saul

Die premier van die Noord-Kaap, Zamani Saul, het Platfontein buite Kimberley besoek.

Daar het hy ontstoke jeugdiges toegespreek oor 'n diensplan, wat 'n geplaveide pad van 900 meter - ter waarde van R5 miljoen - insluit. Die diensplan sluit ook 55 tydelike werksgeleenthede in, wat geoormerk is vir 27 vroue.

Saul het tydens sy toespraak gesê die hoogtepunt van die projek is die verbetering van Platfontein-inwoners se lewens.

Die premier het verder gesê dit is 'n verleentheid en frustrasie om te hoor hoe mense oor basiese dienslewering kla.

Hy het belowe dat die regering van die Noord-Kaap bewus is van die uitdagings, waarvan die taalhindernis een is, en dat werk gemaak sal word om die probleme aan te spreek.

Jeugdiges wou Saul nie toelaat om die podium te verlaat nie, en het gevra dat die Premier na alle klagtes luister.

Verder het Saul 10 van 118 titelaktes aan begunstigdes oorhandig, en plegtig belowe dat hy persoonlik sal toesien dat die lewens van inwoners verbeter word.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.