On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

NK-polisie ondersoek tiener se dood ná gyselaarsdrama

───   15:19 Mon, 29 Nov 2021

NK-polisie ondersoek tiener se dood ná gyselaarsdrama | News Article

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Kimberley ondersoek ‘n saak van moord en regsverydeling nadat ‘n gyselaarsituasie die afgelope Saterdag skeefgeloop het en daartoe gelei het dat ’n tiener doodgeskiet is.

Volgens polisiewoordvoerder Tessa Jansen is drie mense op ’n plaas op die R64 tussen Boshof en Kimberley gyselaar gehou. 

Jansen sê met hulle aankoms op die toneel het hulle twee mans gevind wat beweer het dat ’n familielid ’n tiener geskiet het en nog twee ander mense gyselaar hou. 

Die polisie het ’n 40-jarige man in hegtenis geneem en ondersoek tans die gyselaarsdrama wat afgespeel het. Die dood van die tiener word ook ondersoek nadat beslag op ’n versteekte vuurwapen gelê is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.