On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Nog 'n nat week vir sentrale binneland voorspel

───   15:25 Mon, 29 Nov 2021

Nog 'n nat week vir sentrale binneland voorspel | News Article

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê nog ‘n nat week word vir dele van die sentrale binneland voorspel ná goeie neerslae in die Vrystaat en plekke in die Noord-Kaap die afgelope week.

Rejoyce Mohlamme van die weerdiens sê geïsoleerde tot wydverspreide buie, wat tot 8mm reën per dag tot gevolg kan hê, word van Woensdag tot Sondag vir die Vrystaat voorspel. 

Mohlamme sê dieselfde geld vir die Noord-Kaapse oostelike dele waar reën tot Sondag kan voorkom, en in die sentrale dele van die Noord-Kaap waar reën Vrydag verwag word. Sy sê ‘n warm tot baie warm week, met temperature van tussen 25 en 36 grade, word vir die Noord-Kaap voorspel. In die Vrystaat wissel verwagte temperature tussen 26 en 34 grade.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.