On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Familielede stig fonds om MH370 te soek

───   12:11 Sun, 05 Mar 2017

Familielede stig fonds om MH370 te soek | News Article

Familielede van die passasiers op die vermiste Malaysia Airlines vlug MH370 het aangekondig dat hulle 'n private fonds gestig het om die soektog na die wrak voort te sit.


Die Boeing 777, met 239 mense aan boord, het verdwyn op pad van Kuala Lumpur na Beijing op 8 Maart 2014. 

Die soektog na die vermiste vliegtuig is vanjaar op 17 Januarie amptelik opgeskort. 

Die hoof van die Australiese departement wat vroeër die soektog gelei het, het gesê die wrak is waarskynlik noord van die die amptelike soekgebied in die Indiese Oseaan, en dit het tot die verwagting gelei dat die vliegtuig steeds gevind sal word. 

Tot dusver is 27 wrakstukke gevind, ook in Suid-Afrika. Ongeveer $15-miljoen word benodig om die soektog te hervat.

ANA



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.