On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Off-Beat-News

Gewilde bordspel spog met splinternuwe skuiwers

───   08:54 Sat, 18 Mar 2017

Gewilde bordspel spog met splinternuwe skuiwers  | News Article

Die gewilde bordspel, Monopoly, spog met splinternuwe skuiwertjies.


Associated Press berig dat meer as 4,3 miljoen mense in 146 lande vir nuwe ikone gestem het om die stewel, kruiwa en vingerhoed te vervang. 

Dit het meegebring dat die bordspel nou spog met 'n pikkewyn, badeentjie en Tyrannosaurus Rex. 

Volgens die vervaardigers van die bordspel, Hasbro, was daar 64 ikone om van te kies. Dit het ingesluit 'n knipoog emoji, 'n hutsteken, 'n selfoon en selfs konynpantoffels. Die Skotse hondjie, oorlogskip, renmotor, keil, en katjie skuiwers sal egter steeds gebruik word. Die Skottie het die meeste stemme gekry gevolg deur die dinosourus en hoed. 

Die oorspronklike tien skuiwers was 'n strykyster, handsak, lantern, renmotor, vingerhoed, skoen, keil, oorlogskip, kanon en wiegperd. 

Die eiendomsgebaseerde bordspeletjie is op die 19de Maart 1935 geskep deur die Parker-broers. 

AP



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.