On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Off-Beat-News

'Dassie' kry sy dag

───   08:48 Sat, 23 Sep 2017

'Dassie' kry sy dag | News Article
'Dassie' word gered (Wilderness Search and Rescue)

Stellenbosch - Dassie die hond het beslis sy dag gekry... Dié ligkleurige Labrador is vandeesweek vanaf 'n krans in Stellenbosch gered nadat hy vir 'n hele aantal dae daar vasgekeer was.


'n Vrou op 'n nabygeleë landgoed het die hond verskeie male hoor tjank en gaan ondersoek instel. 

Sy't die hond met behulp van haar verkyker gewaar en hulp ontbied. 

Aanvanklik kon die reddingspan nie vir Dassie kry nie, maar het nie moed opgegee nie en uiteindelik is hy na veiligheid gebring. 

Die span het hom toe ook na die klein inheemse rotsbewoners vernoem. 

As Dassie ná tien dae nog nie kom haal is nie sal die diere welsynsorganisasie hom vir aanneming opgee.

News24


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.