Off-Beat-News
Mens se liefde vir juwele dalk bloot oorlewingsdrang─── 06:49 Mon, 25 Sep 2017
Terwyl die Romeine geglo het dat diamante splinters sterre was of die antieke Grieke gedink het hulle is trane van die gode kan die mensdom se aangetrokkenheid tot edelstene bloot as gevolg van oorlewingsdrang wees.
CNN berig navorsing wat onlangs in die joernaal van verbruikersielkunde gepubliseer is, toon dat edelstene aan die skitterende oppervlak van water herinner.
Wetenskaplikes het deelnemers geblinddoek en gevra om hul hande oor 'n prentjie van 'n landskap te streel.
Hulle moes toe raai, na gelang van gevoel, watter prentjie bevat beelde van water.
Die mense met glanspapier het gevoel daar is meer water op hul prentjie as dié wat aan matpapier geraak het.
CNN