Off-Beat-News
Ja, swot hou jou jonk─── 11:21 Sat, 14 Oct 2017
Hou jou kop jonk en jou lyf sal saamspeel...
Navorsing deur Edinburgh-universiteit het onlangs getoon dat vir elke jaar wat 'n persoon in opvoeding spandeer, elf maande by lewensverwagting gevoeg kan word.
BBC berig die navorsing het ook getoon dat 'n persoon twee maande kwyt raak vir elke kilogram wat hulle oorgewig is en sewe jaar deur elke dag 'n pakkie sigarette uit te rook.
Die navorsers het die DNS van 600 000 mense ondersoek om tot dié gevolgtrekking te kom.
BBC