On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Other News

Twee sterf in Dakar-botsing

───   15:43 Thu, 10 Jan 2013

Twee sterf in Dakar-botsing | News Article

Twee mense is dood in ‘n tromp-op-botsing tussen ‘n ondersteuningsvoertuig vir die Dakar-tydren en ‘n taxi in Peru.

Twee mense is dood en sewe ander is beseer in ‘n tromp-op-botsing tussen ‘n ondersteuningsvoertuig vir die Dakar-tydren en ‘n taxi naby die Peru-se grens met Chile.  Organiseerders sê die voorval het gister plaasgevind.  ‘n Derde voertuig, nog ‘n taxi, het gerol nadat die bestuurder van die taxi uitgeswaai het in ‘n poging om die botsing te vermy.  Twee mense in die eerste taxi, insluitend die bestuurder, is op die toneel dood verklaar.

Nege-en-vyftig mense, insluitend 20 toeskouers, het die afgelope paar jaar tydens die tydren gesterf.  Sowat 150 sekerheidspersoneel en 60 mediese dokters is vanjaar op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.  Hulle word deur vyf helikopters en 10 mediese voertuie, vir noodgevalle, bygestaan.

Sapa

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.