On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Rugby

Goosen, Oosthuizen teen Sharks in aksie

───   21:51 Tue, 19 Feb 2013

Goosen, Oosthuizen teen Sharks in aksie | News Article

Johan Goosen en Coenie Goosen gaan waarskynlik in die Cheetah-span ingesluit word vir hul superrugby-wedstryd teen die Sharks in Bloemfontein.

Liezl Liebenberg

Springboklosskakel, Johan Goosen, en –stut Coenie Goosen gaan na verwagting vandag ingesluit word in die Toyota Cheetahs se 22-tal wat Saterdag in hul eerste superrugbywedstryd teen die Sharks in Bloemfontein gaan uitdraf.  Oosthuizen was weens ‘n rug- en nekbesering lank op die krukkelys, terwyl Goosen verlede jaar teen die All Blacks ‘n ernstige hakbesering opgedoen het.  Goosen sal waarskynlik saam met skrumskakel, Piet van Zyl, die skakelpaar vorm.  Die span sal vanoggend amptelik bekendgemaak word.

Intussen sê die Sharks se Frans Steyn dat hy verbaas was toe die kapteinskap aan hom aangebied is – Steyn sal die span in die plek van die beseerde Keegan Daniel aanvoer.  Steyn sê hy gaan alles in die stryd werp om sy spelers tot ‘n oorwinning teen die onvoorspelbare Cheetahs aan te spoor Die wedstryd op die Vrystaat Stadion skop om 17:05 af.

Kings-kaptein, Luke Watson, sê sy span het geen bykomende motivering nodig vir hul eerste superrugby-kragmeting die naweek teen die Force in Port Elizabeth nie.  Watson sê die span sien baie uit na die wedstryd waarvoor hulle al lank wag.  Die wedstryd by die Nelson Mandelabaai-stadion begin om 19:10.

AlgoaFM
 

Podcasts

Luke Watson:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.