On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

At Lunch

Sleep gou 'n Digitale Klavier oor die Drakensberge saam met Bouwer Bosch {KLANKtoets met Cyril}

───   13:24 Mon, 13 Nov 2017

Sleep gou 'n Digitale Klavier oor die Drakensberge saam met Bouwer Bosch {KLANKtoets met Cyril} | News Article

Bouwer Bosch moes 'n digitale klavier, ja klavier nie Casio Keyboard nie, by die Drankensberge opsleep om sy nuwe musiekvideo vir die liedjie "Verby" te gaan skiet. Luister hier na die proses en wat nog in sy Loopbaan aan die gang is.



>> kyk hom




>> waaroor gaan die song


“VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ‘n verhouding omdat jy dinkkonflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, sê Bouwer.

Die video is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet.  Witsieshoek is so plusminus 400km buite Johannesburg en Brendan Barnes (ook vervaardiger van die nuutste Matthew Mole video) was die kinematograaf en regisseur van die video. 



Bouwer vertel:  “Ons het ‘n baie swaar Rhodes klavier teen ‘n berg opgedra en seker gemaak ons kry die mooiste skote soos wat die son sak.  Die volgende oggend was ons weer 5h00 op die berg om die sonsopkoms te vang.  Ons wou vir iets simplisties gaan met hierdie video, iets watek nog nie gedoen het nie.  Gewoonlik het my videos storielyne met karakters, maar hierdie keer wou ek dit skoon en basies hou.  Die proses was vir my anders omdat ek gewoonlik al my videos self doen.  Dit was lekker om vir ‘n verandering by iemand anders teleer!”

VERBY is ook beskikbaar op sy album, Hopelik, wat vroeër in 2017 vrygestel is.  Die album het ’n nuwe klank met ’n meerelektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie. 





>> luister hier na die onderhoud tussen cyril en bouwer





>> vind meer uit oor bouwer

Facebook

Webblad




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.