On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

At Lunch

3 EERSTES vir Jo Black {KLANKtoets met Cyril}

───   14:22 Thu, 16 Nov 2017

3 EERSTES vir Jo Black {KLANKtoets met Cyril} | News Article

Jo gesels met Cyril en deel iets baie spesiaal oor die nuutste enkelsnit wat hy nou vrystel en gesels ook oor hoe dit was om sy eerste duet saam met Leah op te neem.



>> liedjie saam met Leah


Jo Black  doen sy eerste duet ooit, saam met Leah vir die Temalied vir die film Susters, waar hy, ook vir die eerstekeer, 'n klein rol in die film vertolk. Wie weet, dalk sien ons die man wat in almal se harte ingekruip het, meer op die silwerdoek.

Suster sal 30 Maart 2018 landswyd vrygestel word.





>> die 3de EERSTE vir Jo


Die Vrou wat ek lief het, is sy nuutste enkelsnit. 

“Die Vrou wat ek lief het, het vir my persoonlik 'n baie intieme konneksie met my eie vrou. Ons toer die land vol en speel 100de vertonings, en steeds na elke applous, elke foto, elke keer as iemand met my kom praat, besef ek dat ek slegs hierdie kan doen omdat ek 'n rots het wat agter mystaan. Die ware held agter die hele Jo Black verhaal, is die vrou wat sorg dat my girls gebad en gevoer is, die vrou wat hulle troos as daddy nie by die huis is nie. Dis die vrou wat my optel as ek moeg is en my dryf om te doen wat ek doen. Daai een is dievrou wat ek lief het. Selfs in skaak is dit die koningin wat die koning oppas” – sê Jo Black.




>> luister hier








@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.