On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

The Good Morning Breakfast

Reën terug met nuwe enkelsnit

───   10:07 Mon, 18 Oct 2021

Reën terug met nuwe enkelsnit | News Article

Die bekende Boer soek 'n Vrou paartjie is terug met 'n nuwe enkelsnit. Ons gesels oor die vreemde ervaring en of daar moontlik al nuwe liefde is?

Na die reuse sukses van die paartjie, Reën, wat nogsteeds in die Top 10 streaming charts boer met hulle debuut enkelsnit ‘Vrystaat Vlaktes’, is almal behoorlik opgewonde om te sien waarmee die twee volgende sal opkom.


Die wag is uiteindelik verby en hulle volgende enkelsnit ‘Stof’ is nou hier. Met dieselfde vrolike klank waarop jy verlief geraak het op Reën in die begin is hulle terug en stel nie teleur nie.


Die groep is wel onlangs deur ‘n rowwe stukkie grondpad en het behoorlik stof op geskop met die nuus dat hulle paaie in romanse skei. Tog het hulle liefde vir musiek hulle toegelaat om nogsteeds voort te gaan met hierdie opwindende projek en nou sal dit die eerste keer wees nadat die stof gaan lê het wat ons hoor waarmee hulle voorendag kom.




Podcasts

GMB: Reën, terug met 'n nuwe enkelsnit, Stof:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.