World News
Vaardigheidstekort belemmer wêreldwye groei by ondernemings─── 14:48 Thu, 09 May 2013
'n Onlangse studie toon dat 'n ernstige vaardigheidstekort die groei van ondernemings wêreldwyd tot so 'n mate belemmer dat regerings sal moet ingryp.
Gerald Seegers, direkteur van mensehulpbronne by PricewaterhouseCoopers, sê sake-ondernemings sukkel met ‘n wanverhouding tussen die vaardighede van hul werksmag en die vaardighede wat hulle benodig om sterk groei te toon.
Meer as die helfte van die 1 300 uitvoerende hoofde wat wêreldwyd aan die opname deelgeneem het, het gesê vaardigheidstekorte knou vooruitgang.
Die syfer in Afrika was egter veel hoër – altesaam 82% van uitvoerende hoofde het dit as 'n probleem bestempel.
Sapa