On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

World News

Vandag is die VN se internasionale dag om gelukkig te wees

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:49 Mon, 20 Mar 2017

Vandag is die VN se internasionale dag om gelukkig te wees | News Article
Wikipedia

Bloemfontein - Dit is vandag die Verenigde Nasies (VN) se internasionale dag om gelukkig te wees.


Dié veldtog word gekoördineer deur die nie-winsgewende organisasie, Action for Happiness, wat deur mense in sowat 160 verskillende lande ondersteun word. 


Dié organisasie se koördineerder in Johannesburg, Richard Hawkey, sê die dag word sedert 2013 jaarliks op 20 Maart gevier en het ten doel om riglyne om gelukkig te wees deel te maak van die ontwikkeling en die stabiliteit in die wêreld. 


Hy sê navorsing en data word al vir 'n geruime tyd ingesamel en betrokke lande se ekonomiese vermoë en rykdom, wat slegs een deel vorm van mense se vlakke van geluk, word gemeet. Hawkey sê die navorsing en data wat ingesamel is oor geluk word verwerk en gebruik om riglyne aan mense oor die wêreld heen te verskaf wat hulle daagliks kan toepas in hul eie lewens.


Die VN se Algemene Vergadering het in 2011 al ooreegekom en besluit om die benadering te volg dat geluk 'n belangrike menslike doelwit is.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.