On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

World News

Mense stroom glo na goue sonneblomlande vir selfies

───   12:01 Wed, 14 Feb 2018

Mense stroom glo na goue sonneblomlande vir selfies | News Article

Sonneblomboere in Australië het nie sonde met die bure nie, maar wel las van toeriste.


Duisende mense stroom glo na die goue sonneblomlande om selfies van die blomme te neem. Karien Jordaan berig boere kla dat plante vertrap en blomme gesteel word en dat die toeriste boonop hul rommel agterlaat nadat hulle foto’s geneem het.

Craig Smith van Queensland sê hy jaag oor naweke honderde van dié oortreders van sy plaas af weg. Hy blameer sosiale media platforms wat aanwysings verskaf na die mooiste sonneblomlande en ‘n toerismekantoor, wat in ‘n kompetisie ‘n luukse vakansie uitgeloof het vir die mooiste sonneblom-foto! 

Miskien moet Smith ‘n plekkie op sy plaas reserveer vir die neem van selfies – so wen hy, toerisme en die natuur. 


OFM-nuus/Karien Jordaan (Melbourne, Australië)




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.