On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Yellow Door

Hoe leef mens in ‘n halwe lyf? (deel 1)

───   MARGARINE 06:00 Wed, 05 Jun 2013

Hoe leef mens in ‘n halwe lyf? (deel 1) | News Article

Margarine het nog nooit eers van die woord “hemipleeg” gehoor nie, totdat sy self een geword het.

In my vorige lewe wou ek Italië en Egipte en die Bahamas besoek. Ek wou saam met dolfyne gaan swem en in die Alpe gaan ski en sushi gaan eet in Japan. Ek wou baie kinders hê. To celebrate the beauty of life. Maar dit was toe. Toe het ek nie geweet van al die verskillende maniere waarop die lyf kan breek nie. Of oor hoe als kan verander as die brein skeur nie. Ek was traak-my-nie-agtig oor die klein (maar donners belangrike) goedjies waarsonder die lewe redelik shitty is–trane; spoeg; balans – want ek het dit vir granted gevat. 

Ek was nie eers bewus dat daar ‘n woord soos “hemipleeg” bestaan nie, totdat ek na die ongeluk as een wakker geword het. Hemiplegie is wanneer daar verlies aan willekeurige beweging aan die een kant (een hemisfeer) van ‘n persoon se lyf is. Die verlamming kom gewoonlik voor aan die teenoorgestelde kant as waar die besering voorgekom het. Baie mense is na ‘n beroerte ‘n hemipleeg. Ek het gelees dat ’n bloedklont nie ‘deur die brein skiet’ soos gereeld verwys word na ‘n beroerte nie. Die bloedklont verstop ‘n aar wat veroorsaak dat ‘n deeltjie van die brein van die nodige bloedtoevoer afgesny word en dan word die breinweefsel beskadig. So, as die regterkantste lob van die brein beskadig word, bestaan die moontlikheid dat die linkerkantste arm, been en romp verlam kan wees. En vice versa.

Die brein is incredibly intricate. Its wires are literally crossed. Dit is ook skrikwekkend kompleks, want as gevolg van die spesifieke ‘hou’ wat ek op my breinstam weg het, was die regterkant van my lyf en die linkerkant van my gesig heeltemal verlam (dit is nou beter, ek is, maar meer daaroor in my volgende blog). As ‘n mens in ‘n halwe lyf moet bly, kan jy nie staan of sit nie. Ook nie ordentlik praat nie. Net lê en dink en dink en dink. Wanneer mens vasgekeer is in jou eie lyf begin jy anderste na goed kyk. Letterlik en figuurlik.

Weet jy daar is eintlik ses sintuie? Sig; gehoor; smaak; tas; reuk én BALANS? I never knew. Maar dit maak soveel sin as mens daaroor dink. Your sense of balance. Dit is so blêrrie obvious, maar so maklik om mis te kyk omdat dit so natuurlik gebeur. Subconsciously. Jy kyk, luister, proe, vat en sniffel meeste van die tyd met voorbedagde rade. Dit is doelbewuste aksies wat jy uitoefen en kan beheer as jy sou wou. Jy is dadelik bewus as een van die sintuie geprikkel of versteur word. Mens is egter nie konstant bewus van hoe jou liggaam (en brein) jou balans die heeltyd moet hou nie. Jy is nie kort-kort uitasem as gevolg van die effort wat dit vat om net rond te staan nie. Ek is. Dit is een van baie goed waaroor ek nie eers gedink het voor die ongeluk nie.
Om uit 'n kar uit te klim.
Om kruisbene op die mat te sit en net op te kan staan sonder om rêrig daaroor te dink.
Om op my maag te lê.
Om te kan bad.
Om in die see te swem.
Om trappe twee-twee op te hol.
Om die yskas se deur oop te maak.
Om iets op te tel.
Om te nies terwyl ek loop.
Mens kom nie eers agter watse hengse inspanning dit van jou lyf vat om jou balans te hou met sulke lawwe, alledaagse takies nie, want jou liggaam se sense of balance is instinktief. Cool, huh? Jou balans is soos ‘n kar se shock absorbers. Jy kom eers agter hoe hard hulle gewerk het as hulle nie meer daar is nie.

Toleration is the greatest gift of the mind; it requires the same effort of the brain that it takes to balance oneself on a bicycle (Helen Keller).

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.