On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Twaalf skape in vermeende diewe se sedan geprop

───   15:34 Fri, 17 Jan 2014

Dirk Kok
 
Bloemfontein - Twee vermeende veediewe van Bloemfontein is agter tralies nadat hulle en nog twee mans na bewering met twaalf skape in ’n sedan vir die polisie probeer wegjaag het.
 
Die vermeende diewe is naby Onze Rust buite Bloemfontein in ’n botsing met polisiebeamptes van die Bethulie-veediefstaleenheid van die pad af.
 
In die Ford Telstar se kattebak was vyf skape. Op die agtersitplek was twee mans en ses skape ingedruk. Die twaalfde skaap het vasgeknyp tussen die voorste passasier se knieknoppe gesit.
 
Twee van die vermeende diewe het weggehardloop. Die middeljarige Piet May en Basie Vos is in hegtenis geneem. Hulle het reeds in die hof op Edenburg verskyn en bly vir eers agter tralies.
 
Die skape van sowat R23 000 is glo op ’n plaas by Edenburg gesteel. Die polisie in die Vrystaat se Harry Nagel sê die polisie het die afgelope tyd verskeie groot slae teen veediewe in die provinsie geslaan.
 
Die polisie weet ook wie die twee vermeende diewe is wat weggekom het en is warm op hul spoor.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.