On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Vloede in NK gevrees

───   17:55 Wed, 12 Mar 2014

Dirk Kok

Douglas - Met die hoë watervlakke van die Vaal-, Bloemhof-, Gariep- en Van der Kloofdam word vloede in die Noord-Kaap gevrees. Agri-Noord-Kaap se Johan van Rensburg sê tensy die waterstelsels noukeurig bestuur word, kan dit tot oorstromings lei.
 
Behoorlike invloeiprojeksies en uitvloeiberekeninge is nodig om oorstromings te keer. Agri-Noord-Kaap het vandag op 'n provinsiale rampbestuurvergadering gevra dat die uitvloei uit die Bloemhof- en Van der Kloofdam drasties verhoog moet word om oorstromings te keer.
 
Die laer Vaal-gebied by Douglas kan slegs 800 kumek hanteer voordat die rivier oor sy walle stoot. Van Rensburg sê in hierdie stadium is dit nog moontlik om waterbeheer aan te pas sodat daar nie oorstromings is nie.
 
Hy sê die owerheid het nog nie laat blyk of hy aan hierdie versoeke gaan gehoor gee nie.

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.