On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Groot bekommernis oor UV se vernuwingsproses

───   15:27 Wed, 26 Mar 2014

Christal-Lize Muller

Bloemfontein - Verskeie belanghebbendes van die Universiteit van die Vrystaat is diep bekommerd oor die jongste verwikkelinge rondom die universiteit se vernuwingsproses by die JBM Hertzog-koshuis op die Bloemfonteinkampus.

 OFM-nuus verneem dat verskeie betrokkenes ongelukkig is oor die studentedekaan, Rudi Buys, se hantering van studentesake.

‘n Ingeligte bron wat verkies om anoniem te bly sê verskeie versoeke is aan die UV gerig waarin daar op Buys se bedanking aangedring word.

Buys se optrede op ‘n JBM Hertzog-koshuisvergadering is volgens belanghebbendes onaanvaarbaar.
 
Hulle sê Buys se optrede was dreigend - hy het daarop aangedring dat hy sal toesien dat verandering by dié koshuis plaasvind.

Voorsitter van die Kovsie-alumni-trust, Anton Botha, sê talle oud-Kovsies wat gereelde skenkings aan die trust gemaak het, het sedertdien hul skenkings gekanselleer.

Volgens Botha dui dié kansellasies direk daarop dat Alumni-lede bitter ongelukkig is met die jongste stand van sake.

 

Botha meen die huidige toedrag van sake kan selfs meer skadelik vir die trust wees as die  sogenaamde Reitz-voorval ses jaar gelede.

 

 


Podcasts

Anton Botha:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.