On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Local News

GWStad: Borgtogaansoek aan die gang

───   SABRINA SABRINA 15:02 Thu, 27 Mar 2014

Kimberley - Die verdediging se Riaan Bode het net na middagete aansoek begin doen om borgtog vir die 17-jarige seun wat vanoggend skuldig bevind is aan die moorde op Deon, Christel en Marthella Steenkamp. Hulle is twee jaar gelede op Goeie Vrydag in hul plaashuis buite Griekwastad doodgeskiet.
 
Die tiener is ook skuldig bevind aan die verkragting van Marthella asook regsverydeling.
 
Die seun het aan die hof gesê hy wil borgtog tot vonnisoplegging hê, sodat hy kan voorberei vir sy getuienis ter versagting.
 
Hy het ook gesê dit is vir hom belangrik om 'n matriek te bekom. Hy wil ook graag so presteer dat hy universiteitstoelating kan kry. Die tiener het gesê dat hy ambisie het en toegewyd is.
 
Hy het ook gesê dat, sou borgtog toegestaan word, hy niemand in gevaar sal stel nie, nie misdrywe sal pleeg nie en nie sy verhoor sal ontduik nie.
 
Hy het die hof daarop gewys dat hy nie in besit van 'n paspoort of bestuurderslisensie is nie.
 
Hy het ook onderneem om nie aan sport of toernooie deel te neem nie.
 
Die seun se voog het toe getuig dat hy by hulle ingetrek het die dag na die moorde en dat hy soos 'n kind in hul huis is. Die voog het gesê dat hy R50 000 beskikbaar het vir die borgtog.
 
Twitter

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.