On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

GWStad-moordverhoor: Borgtog geweier

───   SABRINA DEAN 16:35 Thu, 27 Mar 2014

GWStad-moordverhoor: Borgtog geweier | News Article
Sabrina Dean
Kimberley - Regter Frans Kgomo het die borgtogaansoek van die 17-jarige seun wat vanoggend skuldig bevind is aan die moorde op Griekwastad se Deon, Christel en Marthella Steenkamp van die hand gewys.
 
Die seun het aan die hof gesê dit is vir hom belangrik om 'n matriek te bekom. Hy wil ook graag so presteer dat hy universiteitstoelating kan kry.
 
Staatsaanklaer Hannes Cloete het gesê dit is bitter ernstige misdrywe. Die staat gaan betoog vir 'n lang tronkstraf. Cloete het ook gesê vir die seun se voog om nou te sê hulle wil fokus op sy onderrig, is ver verwyder van die realiteit.
 
Hy het regter Kgomo gevra om nie borgtog toe te staan nie.
 
Die vonnisverhoor vind plaas van 13 tot 16 Mei.
 
Die regter het ook bepaal dat die seun nie na 'n plek van veiligheid geneem sal word nie, maar in die Kimberley-gevangenis in aanhouding sal bly totdat hy gevonnis word.
 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.