On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Kovsie-beskuldigde by gradeplegtigheid verbied

───   14:54 Fri, 28 Mar 2014

Kovsie-beskuldigde by gradeplegtigheid verbied | News Article
Christal-Lize Muller

Bloemfontein - Een van die twee Kovsie-studente wat tereg staan op onder meer ‘n aanklag van poging tot moord nadat hulle glo ‘n mede UV-student raakgery en aangerand het op die universiteit se Bloemfontein-kampus mag nie sy graad persoonlik op die UV se gradeplegtigheidseremonie in ontvangs neem nie.
 
Cobus Muller, ‘n honneurs-student in bourekeningkunde, is deur die UV per SMS-boodskap ingelig dat hy nie welkom by die gradeplegtigheid op 11 April is nie.
 
Muller se pa, Helgard, sê luidens ‘n SMS-boodskap van professor Theuns Verschoor, voer die rektor en vise-kanselier, Jonathan Jansen, aan dat Muller op die plegtigheid geëien gaan word. Die risiko van moontlike negatiewe reaksie van studente is dus te groot.
 
Muller (senior), sê daar word onregverdig teen sy seun opgetree, omdat hy nog nie dissiplinêr deur die UV verhoor is nie. Sy seun is ook nie summier geskors nie, maar is slegs van sy regte en voorregte onthef en die kampusterrein verbied.

Muller sê dit is vir hom belangrik dat geregtigheid geskied omdat die kwessie sy seun, wat nou op hul plaas in Pongola in KwaZulu-Natal is, geweldig beïnvloed.
 
Muller en sy medebeskuldigde, Charl Blom, verskyn weer op 9 April in die Bloemfonteinse landdroshof.


Podcasts

Cobus Muller (senior):

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.