On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Glen-diplomaplegtigheid: Jong vrou ryg die pryse in

───   17:27 Fri, 28 Mar 2014

Dirk Kok - Die 23-jarige Lindiwe Xaba, wat as een van nege kinders van 'n kleinboer in Qwaqwa grootgeword het, is vandag as Dux-student op die diplomaplegtigheid van die Glen-landboukollege buite Bloemfontein aangewys.
Lindiwe het van haar eerste studiejaar tot haar derde jaar onderskeidings in die meeste van haar vakke gekry. Op die gradeplegtigheid het sy ses van die elf trofeë vir die beste vakprestasies ingepalm.
Sy het tot haar blydskap gehoor sy ontvang as topstudent ook 'n jaar lange internskap van die voerkraal en vleisverwerker Sparta, met die moontlikheid om uiteindelik aangestel te word.
Lindiwe, wat reeds verder in die landbou studeer, sê haar droom is om uiteindelik 'n suksesvolle kommersiële boer en werkverskaffer te wees.
Landbou-LUR Mamiki Qabathe en die gasspreker, die Nasionale Wolkwekersvereniging se Jan-Louis Venter, het die 18 studente wat diplomas ontvang het, aangemoedig om eerder werkskeppers in die landbou as werksoekers te word.
 
 
 
Dux-student Lindiwe Xaba het die pryse ingeryg op die Glen-landboukollege se diplomaplegtigheid. Regs is landbou-LUR Mamiki Qabathe en links is Jan-Louis Venter van die NWKV. Hy was die gasspreker op die diplomaplegtigheid. Foto: Dirk Kok 


Podcasts

Lindiwe Xaba:

More from News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.