On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

World News

Tsoenami-waarskuwing uitgereik na Chili-aardbewing

───   08:26 Wed, 02 Apr 2014

Tsoenami-waarskuwing uitgereik na Chili-aardbewing | News Article
Iquique - Meer as 300 gevangenes het uit 'n vrouetronk in Chili ontsnap te midde van 'n tsoenami-waarskuwing wat ná 'n groot aardbewing uitgereik is.

“Ongeveer 100 spesialemag-lede is na die gebied gestuur,” het Rodrigo Penailillo, minister van binnelandse sake, Dinsdag gesê. Hy kon nie bevestig hoe hulle ontsnap het nie.

'n Aardbewing wat 8.2 op die Richterskaal gemeet het, het Chili om 20:46 (23:46 GMT) getref. 'n Tsoenami-waarskuwing is uitgereik en talle mense is ontruim.

Minstens vyf mense is reeds dood aangemeld. “Die slagoffers sluit vier mans en 'n vrou van Iquique en Alto Hospicio in,” het Penailillo bygevoeg. Hy sê die persone is of dood weens 'n hartaanval of is onder die puin verbrysel.

Penailillo het gesê hy het nog nie bevestiging ontvang oor plundery in Iquique nie. Bewerings van plundery doen op sosiale media die ronde.
 
Sapa 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.