On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Local News

Afriforum Jeug gee UV tot Vrydag oor gradeplegtigheidkwessie

───   14:18 Wed, 02 Apr 2014

Christal-Lize Muller

Bloemfontein - AfriForum Jeug sê die Universiteit van die Vrystaat het tot die einde van die week om te reageer op die organisasie se skriftelike versoek om een van die twee UV-studente wat tereg staan op onder meer ‘n aanklag van poging tot moord toe te laat om die UV se gradeplegtigheidseremonie by te woon.
 
Dit kom nadat die universiteit weier om Cobus Muller, ‘n honneurstudent in bourekeningkunde, toe te laat om sy graad op 11 April persoonlik in ontvangs te neem.
 
Die UV voer aan dat Muller geskors is en nie op die Bloemfontein-kampus toegelaat kan word nie.
 
AfriForum Jeug se Henk Maree, sê die organisasie het Maandag ‘n brief aan die UV gestuur waarin hulle die universiteit versoek om sy besluit te heroorweeg.

Muller en Charl Blom word daarvan beskuldig dat hulle ‘n mede UV-student in Februarie op die Bloemfontein-kampus raakgery en aangerand het. Hulle verskyn volgende Woensdag in die Bloemfonteinse landdroshof.


Podcasts

Henk Maree:

More from Local News

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.